Friday, December 18, 2020

George Jonker

https://www.facebook.com/groups/2427949134086983/permalink/2782058562009370/

SO JOU MESSIAS WAS DIE EERSTE “CHRISTEN”, MAAR NIE “JOOD “NIE?

Rabbi Yeshua van Nasaret

Kommentaar op die artikel van Pieter JJ Botha 
(Rabbi Jeshua van Nasaret as deel van die publikasie - Die Nuwe Hervorming – Protea Boekhuis Pretoria 2002 – Redakteur Piet Muller – Eerste uitgawe 2002) 
 
“DIE HISTORIESE JESUS WAS N JOOD

JESUS (YESHUA) IS AS N JOOD BESNY, het gelewe soos n Jood en gebid soos n Jood; hy het Joodse rites uitgevoer en in Aramees vir sy mede-Judeers en mede-Galileers gepreek. 
Aanvanklik het hy gedink heidene sal hulle eers bekeer nadat Israel getransformeer is. 
Nie-Jode speel eintlik n minimale rol in Jesus (Yeshua) se lewe, en hulle teenwoordigheid het hom selfs gepla (Matt 15:21-28 en Mark 7:24-30: die Siriese vrou is soos die lastige honde rondom die tafel as die mense wil eet).

JESUS (YESHUA) HET DIE WET (TORAH) ONDERHOU, tsitsit gedra, die tempelbelasting betaal, mense in die tempel geleer en daarop aangedring dat wat die Skrifgeleerdes en Fariseers leer, gedoen moet word, want hulle het immers Moses se gesag. 
Jesus (Yeshua) se aandrang dat sy dissipels moet doen wat die Skrifgeleerdes en Fariseers se, en nie wat hulle doen nie, is soortgelyk aan ander Joodse leermeesters wat sodanige en selfs erger kritiek op mekaar uitspreek, juis omdat die regte dinge dikwels nie gedoen word nie terwyl daar baie daaroor gepraat word.

JESUS (YESHUA) SE MA WAS N JOOD en hy het op geen stadium van sy lewe gedink hy is enigeiets anders as n opregte Jood nie. 
Sy familie en vriende het hom Jeshua genoem (hy is vernoem na Josua, een van die Judeers se helde.) 
Niemand het hom ooit as “dominee”, “vader”, “pastoor”, “eerwaarde” of u “eminensie” aangespreek nie. 
Sy volgelinge het hom rabbi Jeshua genoem.

HY HET NIE N ENKELE MIS BYGEWOON NIE. 
Hy was nie een Sondag in die kerk nie. 
Hy het Saterdae (Shabbat) sinagoge toe gegaan en sy Bybel het nie n Nuwe Testament gehad nie. 
Sy Bybel (Torah Skrol) het ook heelwat anders as ons Ou Testament gelyk. 
Die idee dat toekomstige mense, wat net mense is, briewe en ander tekste beskou as deur God geinspireer, sou waarskynlik vir hom n godslaterlike gedagte gewees het.

JESUS (YESHUA) HET NIE GRIEKS, Latyn, Hollands, Duits, Engels of selfs Afrikaans gepraat of verstaan nie. 
Hy het nooit n Gesang gesing nie en ook nie evangeliese liedere geken nie.

HY HET WEL PSALMS OPGESE. Trouens, met die woorde van Psalm 22:2 op sy lippe het hy gesterf.

JESUS (YESHUA) HET NOOIT KERSFEES GEVIER NIE. 
Hy het Sjavuot en Pasga gevier. 
Hy het nie een keer aan n Nagmaal deelgeneem nie, maar wel aan Seder. 
Wanneer Jesus (Yeshua) die Skrif uitgele het, het hy baie noukeurig en baie presies dieselfde reels as die Fariseers vir Skrifuitleg gevolg.

JESUS (YESHUA) WAS N JOOD EN NIE N CHRISTEN NIE. 
Hierdie dinge laat n mens besef hoe misleidend en gevaarlik die is om Jesus (Yeshua) se uniekheid te beskrywe as iets wat teenoor Joodse vroomheid staan. 
Daar is verskillende tegnieke om hierdie verdaaiings te bewerkstellig, die algemeenste is anti-Judaisme wat Joodse tradisies Lutheraniseer ten einde dit bruikbaar te maak vir sekere opvattinge.”

Al wat ek kan se is ,welgedaan Pieter!

Shabbat Shalom,
George Jonker
📲 071 139 5275